2018 NEP Congress Feedback

Die afgelope naweek was die jaarlikse NEP (North Eastern Provinces) kongres wat hierdie jaar deur die Kosmos Fotoklub aangebied is te Dullstroom.

Dit was voorwaar ‘n mistige, nat en koue naweek met baie warm persoonlikhede en lieflike kuier tye.  Elke jaar by die kongres geniet ons die kuier met ou en nuwe vriende.  ‘n Baie belangrike aspek van hierdie kongres elke jaar is die sprekers wat hierdie jaar nie teleurgestel het nie!

Sarel van Staden bowled us over with his automotive fine art photography, and included lots of practical advice on this ground-breaking methods.  Maryna Cotton talked to us about “dark and moody food photography” … and both of these allowed us to do some practical shooting as well! And with the food photography we could eat the models afterwards too 😉

Martin Barber was the last speaker and his talk was thought provoking, making us think of a modern Ansell Adams and he was as practical showing how to go about creating your photographic visions.  Some of his work can be seen here.  He also helped with some practical studio photography.

Te midde van die slegte weer het Kosmos 2 studios met pragtige modelle gehad vir praktiese foto-geleenthede en vele senior fotograwe wat kon help met kamera-verstellings, ligte, rookmasjiene en model interaksie.

Die kos was baie lekker en met tye het die mense buite rongeloop en perde, skape en sommer die Dullstroomdam in die mis ook afgeneem … dis nou as hulle nie om die teekan gestaan en kuier nie.

Natuurlik is die inter-klub kompetisie die groot ding waarvoor almal voorberei en na uitgesien het.  Saterdagaand het almal bankvas gesit en kyk na 8 AV’s (audio-visual presentations) en met luide toejuiging is ons AV ook ontvang.  Hierdie jaar het ons foto’s van Dewald en Nellie gebruik wat hulle geneem het op hul Antartika ekspedisie en Chris het meeste van die tegniese aanmekaarsitwerk gedoen (sommer direk vanuit Mosambiek).

Met die prysuitdeling op Sondag het Midlens weggestap met 2 trofee (Natuur asook Ope afdelings).   Baie geluk aan Dewald wat aangewys is as algehele wenner in die natuurafdeling, saam met ‘n 2de plek in natuur en ook 2de plek in die monochroom afdelings.  Johan du Buson het ‘n 3de plek in die ope-afdeling gekry en verder het verskeie fotograwe aanvaardings ontvang vir uitstekende foto’s.  Ons wag op hierdie stadium nog vir finale detail en sal dit met julle deel sodra dit beskikbaar is.

From my viewpoint I would like to take the opportunity to provide comment on the standard of Midlens club photography.  Firstly I can say that our club is leading the nature division clearly and that we can be super proud of all our members and their achievements!  Well done people, you are competing against traditionally very strong clubs and we are clearly producing consistently stunning photography at a very high standard.

The club won the open category but the competition was truly very tough and there was 1 point difference in race to the trophy.  We did very well to win but I do believe that we have room for improvement in the area of human / portraiture / creative photography.  This equally extends to the monochrome division where Midlens ended 3rd

In the end we really enjoyed working on the AV and we will show you the “Visions of Antartica” at the next club evening.  The judges however was not overly excited and we did learn a lot about AVs asking the judges to explain what they were looking for … next year we will be back and improve the effort to produce what is expected.  We ended up being 4th in the AV section and 3rd overall when everything was tallied up.

Ek het voorwaar dit geniet om saam met ‘n wonderlike groep vriende hierdie kongres by te woon.   Ek sien al klaar uit om volgende jaar weer deel te neem en saam te kuier, leer, speel en geniet!  Laeveld Fotoklub sal volgende jaar se kongres aanbied en ek is seker dit sal net so lekker wees!  Ook is daar ‘n groot verassing oppad … ons streek gaan verantwoodelik wees om vir 2019 die nasionale kongres (ja die GROOT een) aan te bied hier in ons eie streek!  Nou-ja mense, julle sal nie ‘n makliker en beter geleentheid kry om so ‘n geleentheid by te woon nie.

Ek groet julle almal van harte en ek hoop die opgewondenheid wat hierdie naweek my kom aansppor het kan oorspoel en dat ons almal op nuut weer opgewonde kan raak oor ons lieflike stokperdjie!

Groete,
Johan du Buson